Diensbepalings

Deur Google se kletskenmerke (die "Diens") te gebruik, aanvaar jy Google se diensbepalings, Google se privaatheidsbeleid, asook hierdie bykomende bepalings (gesamentlik die "Diensbepalings") en stem jy in om daardeur gebind te word. Kletskenmerke werk met foonnommers, dus kan hulle deur ander diensverskaffers werk om daardie foonnommers te bereik. Jy stem in dat jou kontakte van tyd tot tyd gekontroleer kan word vir kletskenmerkvermoëns om die Diens te kan lewer. Google kan van tyd tot tyd toestelinligting, insluitend toestelidentifiseerders of SIM-kaartinligting, met jou diensverskaffer uitruil om jou foonnommer te verifieer en om die Diens te lewer. Hierdie Diensbepalings is nie van toepassing op die kenmerke en dienste wat deur jou diensverskaffer verskaf word nie (bv. diensverskafferoproepe en -boodskappe, insluitend SMS/MMS/ens.). Jy kan ophou om die Diens te gebruik deur dit af te skakel in jou boodskappeprogram se instellings.

Die Diens word verskaf deur Jibe Mobile, Inc., 'n filiaal van Google LLC.